Om jou te waarsku dat daar 'n verkeersirkel voor is waar jy moet verwag om voorrang te gee.
Kyk uit vir ander voertuie. Gee voorrang aan voertuie wat reeds in die sirkel is, of wat hul voorrangstreep by die ingang sal kruis voordat jy joune kruis. Stop indien nodig. Die bestuurder wat eerste sy of haar voorrangstreep bereik, mag eerste ry. By 'n minisirkel moet jy, soos by 'n gewone kruising, betyds aandui in watter rigting jy wil draai.
Waar jy dit kan verwag: By verkeersirkels, veral minisirkels.

Bronverwysings
- Department of Transport - SA Learner Driver Manual: Road Traffic Signs (practicek53.co.za) · 1.00, June 2012 · bladsy 6